Willim Welsyn by die Geel Huis op die Bult

Dit is myns insiens veilig om Willim Welsyn ‘n legende te noem en dis een legende wat ons al lankal by die Geel Huis op die Bult probeer kry.

Die Afrikaanse alternatiewe rocker, skrywer en podcaster het sy eerste solo al op sewentien opgeneem. Sederdien het hy al sewe albums uitgereik: drie solo-albums, twee saam met Die Sunrise Toffies, Shunt sy Engelse album en Blitskriek, wat in 2017 uitgereik is.

Willim is al vir verskeie toekennings benoem. Hy het ‘n Huisgenoot Tempo vir sy album Maanplaas ontvang en ‘n ATKV Veertjie vir sy WAT Podcast waarin hy onderhoude met bekende musikante en kunstenaars voer. Hy’s al drie keer vir ‘n SAMA benoem.

Sy musiek is al beskryf as “so rou soos ‘n mooi verouderde en sappige gebraaide steak: Sy musiek het smaak en maak jou vol op dieselfde tyd.”

Hy woon in die Kaap en kom omtrent nooit in Gauteng nie, so hierdie geleentheid is ‘n once in a blue moon. Willim vlieg net vir hierdie solo konsert op, jy gaan nêrens anders hom kan hoor nie en jy WIL hom live sien. Glo my. Ek het hom by Oppikoppi gesien en dit was loshande die coolste en lekkerste en mees opruiende konsert van daardie hele fees.

Dis vir my altyd beter om te “show” as om te “tell” en daarom dink ek sy musiek moet eerder die praatwerk doen:

 

 

 

Willim Welsyn by die Geel Huis op die Bult